Sport
ATLETIEK
Die jaarlikse ICO atletiekbyeenkoms is ʼn geleentheid waar die ICO skoolfamilie informeel met mekaar kan verkeer. Onderwysers bou bande, kinders van die onderskeie skole onthou mekaar en begin vriendskappe ontwikkel en ouers van die onderskeie skole geniet van die saamkuier, die saam aanmoedig en bemoedig.
Kortom dit bevorder die ICO gemeenskap se onderlinge samewerking.
In die opvoedingsproses moet ons tyd maak om deur liggaamsoefeninge die liggaam beter in staat te stel om sy opdrag te kan uitvoer.
Die Here eis van ons as mense om binne ons elkeen se liggaamlike vermoëns die tempel van die Heilige Gees fiks, sterk en gesond te hou.
So verheerlik ons die Here met ons liggame. Kinders leer ook belangrike vaardighede van wen en verloor, van uithou en aanhou, van spanwerk en goeie sportmansgees, van reëls en gehoorsaamheid.
Om kinders af te rig vir atletiek en hulle aan te moedig om hulle beste te lewer sonder om net te streef na wen as die enigste doel, is ʼn belangrike lewensvaardigheid.





