Kultuur
REVUE
Daar is wye eenstemmigheid dat skoolkultuur ‘n belangrike rol speel en van kardinale belang is vir die sukses van ‘n skool. Navorsing het onomwonde getoon dat ‘n sterk organisasie-kultuur ‘n essensiële eienskap van ‘n uitnemende organisasie is. Hoe sterker die organisasie-kultuur hoe minder behoefte is daar vir handleidings, reëls en regulasies (verwys na byvoorbeeld West Point: Duty, Honour and Country).
Drie redes waarom skoolkultuur belangrik is:
Dit is samebindend van aard en lei tot ‘n gevoel van samehorigheid.
Dit is rigtinggewend omdat dit optredes ontlok, bekragtig en/of verbied. Dit beïnvloed dus besluitneming deurdat dit die waardevolle, die behoorlike en nastrewenswaardige voorskryf.
Dit is gedragsbepalend van aard omdat dit druk op lede uitoefen om te konformeer aan standaarde. Kultuur is dus ‘n onsigbare krag agter die gedrag, besluite en skeppinge van die mens.
– Daan Potgieter (AON – Afrikaanse Onderwysnetwerk)








