ons kurrikulum
Akademie


Ons volg die ICO se unieke kurrikulum. ‘n Kenmerk van hierdie handboeke is dat Bybelse norme en waardes geïntegreer word in al die vakke. Akademies voldoen die inhoud aan meer as die KABV vereistes.
Die Waterstroomreeks is ‘n Christelike waardegedrewe kurrikulum. Leerders word gelei na ʼn grondige kennis en begrip van vakinhoud en beginsels, sodat hulle toegerus is om met hulle gawes en talente die nuwe kennis in diens van God en die gemeenskap te kan aanwend.
Leerders word gelei om op ʼn geïntegreerde wyse in elke vak drie hoofwaardes as begronding van die inhoud raak te sien.
Hierdie drie hoofwaardes is:
- Godsaanskouing
- Mensbeskouing
- Skeppingsbeskouing
Elke hoofwaarde word in die leerinhoud verwerk sodat die leerling onderstaande drie vrae kan beantwoord:
- Wie is God? (Openbaring)
- Wie is ek? (Mensbeskouing)
- Wat moet ek doen? (Roeping)