Welkom by Uitkoms Akademie

 

Uitkoms Akademie is ’n Christelike, Afrikaanse Laerskool.
Ons skoolgronde is geleë langs die Gereformeerde kerk in Cullinan, op die Diamant Roete ongeveer 30 km Oos van Pretoria. Die kerk se pastorie is omskep in ’n skoolgebou waar ons leerders onderrig vanaf 3 jaar oud tot Graad 7.

Die passie om ’n verskil te maak in jong kinders se lewens, tesame met die begeerte om ons onderrig sisteem te begrond in die Woord van God, was die dryfkrag tot die ontstaan van hierdie skool. So het die eerste skoolklok in 2019 gelui vir ’n totaal van 10 leerders. Ons skool se goeie onderrig metodes en standvastige waardes het soos ’n veldbrand deur die gemeenskap versprei en binne ’n paar maande het ons reeds Uitkoms gebied vir 45 leerders.

“Soos ’n sonneblom in Afrika son, sal ons blom waar U ons lei”

ONS VISIE

Ons visie is om die evangelie van God te versprei deur die kinders te onderrig in Sy Woord.

ONS MISSIE

Ons glo dat elke leerder deur God na ons gestuur word en streef daarna om elkeen te onderrig in die Woord van God wat ons enigste waarheid is. So is die skool se missie om elke leerder toe te rus om as verantwoordbare, standvastige individu in die wêreld die vrug van die Gees te vertoon.

SKOOL SIMBOOL

Sonneblomme is bekend as ’n geharde plant, wat onder baie moeilike omstandighede kan groei. Ongeag die area waar die saadjie val, sal ’n sonneblom groei en tot volle wasdom kom met ’n blom wat altyd die son volg, so wil ons ons leerders toerus om in geloof met oorgawe te leer met ons oë altyd gerig op God vir leiding.

kalender

Belangrike Datums

kwartaal 2

24

Mei

Opedag Gr RR- Gr 7

 

29

Mei

Hemelvaart

 

21

Junie

Landloop

27

Junie

Skole Sluit

v

getuigskrifte

Wat ons Ouers sê

“Nooit in my wildste drome Kon Ek besef hoe positiewe impak Uitkoms op my kinders Se lewens Kon maak Nie. Ek was een wat gesê het nee daar is Nie sport Nie, dit Gaan Nie werk Nie… Maar sjoe hoe Bly is Ek, Ek het Nie Vir myself geluister Nie. Die impak v kleingroep kwaliteit onderrig is onmisbaar en my kinders Blom akademies en met kultuur en sport. Ja daar is sport en net genoeg Om my kleinlyfies n gesonde Balans te gee tussen opvoeding en fisiese ontwikkeling. Vandag is Ek dankbaar Vir elke onderwyser van Uitkoms Akademie Wie my kinders by die Naam ken, Wie Weet wanneer hulle n goeie of n slegte dag ervaar en Wie Al’s insit Om te verseker hulle het n blink toekoms. Baie dankie dat julle onderwysers is met passie en Wie nog omgee.”

Juanita Goosen

28 November 2024

“Mika Linde is al van 2019 af in Uitkoms Akademie. Sy het daar begin as ‘n klein, onsekere graad R’tjie. Vandag is sy ‘ selfstandige Gr5 meisie.
Sy gedy in die skool. Die individuele aandag wat sy geniet agv die klein klassie maak ‘n massiewe verskil.

Saige Linde is van 2023 af in Uitkoms Akademie. Sy selfvertrou en sy akademiese vermoë spreek van onderwysers wat omgee, en alles in hulle leerlinge insit.

Baie dankie, Uitkoms Akademie onderwysers en personeel, vir die enorme verskil wat julle in ons kinders en ons ouers se lewe maak. Uitkoms is nie net ‘n skool nie – dit is ‘n familie vol omgee.”

Mariaan Linde

1 Junie 2024

What they achieved with my grand daughter was remarkable seeing that she was struggling academically.”

Alta Fourie Booyens

1 April 2020

Beste skool ooit! Kan sien hoe my kind blom! Soveel liefde en goeie waardes wat hulle geleer word! uitstekend!

Chantel Briedenhann

12 Junie 2019

My kind blom. Sy is bewus van alles om haar. Sy gesels meer en mens kan sien sy wil elke dag skool toe gaan. Dit maak my so gelukkig om haar geintereseerd in skool te sien.

Anja Van Deventer

15 April 2019